KOMANI NUUS - "Ons wou ons kleuters op 'n informele en vriendskaplike vlak voorstel aan die Suid-Afrikaanse polisiemag," sê Lizelle Charlez van die Kidzone Educare-sentrum.
"Dit was vir 26 van ons leerders 'n uiters opwindende dag en het met gemengde gevoelens die besoek afgewag."
Verskeie polisiebeamptes, insluitend Magnum die Duitse herdershond, het opgedaag en nie teleurgestel nie.
"Dit was vir ons leerders ''n geleentheid om meer te wete te kom oor alle werksaamhede van die SAPD, en hul kon persoonlik kennis maak met die manne en vroue in blou en ook vrae vra.
"Ek en my interne onderwyshulp, Sheila Mbengo, is soveel dank verskuldig aan die SAPD Komani-eenheid en ook die honde-eenheid vir hul puik samewerking. Dit gebeur gereeld dat ouers hul kleuters bangmaak deur te dreig met die polisie en dit is dus ons plig om ons leerders te leer waar hul tydens 'n moeilike situasie kan aanklop vir hulp."
Sy sê hulle beplan ook om die leerders aan die ambulansdienste, en indien moontlik, aan die plaaslike brandbestrydingsdienste voor te stel.
Sersant Matiya saam met Magnum.
'Ons bring jou die nuutste Komani, Karoo nuus'