CRADOCK NUUS - Herinneringsdag by Hoërskool Cradock het op 12 November plaasgevind om nie net eer aan al die gesneuwelde soldate te bring nie, maar ook om eer aan die oudleerders van Cradock Hoër Seunskool wat tydens die tweede wêreldoorlog gesneuwel het, te bring.
Die name van dié oudleerders is tydens die geleentheid op 'n ererol aangebring.
Hierdie jaar is kranse deur die families van, maj. Edward Richard Every (Suid-Afrikaanse-lugmag, gesneuwel op 20 Februarie 1988) en Joseph Wayne Muller (Suid-Afrikaanse Infanterie 54 Bataljon, gesneuwel op 27 Augustus 1983), gelê.
Ds. Anton Olivier het die diens by die kranslegging waargeneem.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’