Video
KAROO SPORTNUUS EN VIDEO - Die Gem of the Karoo-rolbaltoernooi het gisteraand, 19 Oktober heel gesellig by die rolbalklub begin en het spelers die kans gebruik om weer met mekaar op te vang.
Vandag, 20 Oktober, het die weer almal verras en het die spelers in die bloedige hitte van byna 40 grade deelgeneem.
Hierdie uitdaging het nie 'n demper op hul entoesiasme geplaas nie, en het elkeen die spel baie geniet.
VIDEO:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’