Sponsored Content
GRAAFF-REINET NUUS - ’n Inwoner van Windhoek, Namibië, is opsoek na familielede of inligting oor sy familie, wat in Graaff-Reinet gewoon het.
“Hoe meer ek skryf, hoe meer verstaan ek baie dinge van my ouers en dit word net meer en meer interesant,” vertel Johan Vorster oor sy navorsing.
Sy pa, W.J. Vorster, is in 1909 in Graaff-Reinet gebore, en het matrikuleer aan Union Boys High. Oor sy ma het Vorster min inligting. “Ek weet dat sy ’n nooi Van Rooyen was (Anna Petronella Elizabeth), en is op Oudtshoorn gebore in 1907.” Sy het blykbaar op ’n plaas grootgeword en was een van nege kinders.
“Blykbaar het my pa borg gestaan vir iemand vir die aankoop van die plaas Voetpad en deur die borg se wanbetaling het die koop deur die mat geval,” voeg Johan by.
W.J. Vorster se ouer suster, Hester (Vorster) Welman, was ook van Graaff-Reinet. Sy is oorlede in 1978, en haar roudiens het plaasgevind vanuit die NG Groot Kerk, Graaff-Reinet. Die draers was Henry Welman (seun), Johannes Welman (seun), Sammie Welman (seun), Basil Dominy (skoonseun), Hennie Welman (kleinkind) en Charles Luen (skoonseun).
Enige van hierdie draers of familielede, of iemand met meer inligting, is welkom om Johan te kontak op vorsterjg@iway.na. Sy vrou is op WhatsApp beskikbaar op +264 81 2868161, en ’n faksnommer is ook beskikbaar: 0264 61 249318.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoon nuus'