SOMERSET-OOS NUUS - "Ek het besef dat ek moet uitbrei en Cradock was my eerste keuse." So gesels Lizan Burger, eienaar van die Helpende Hand Ons Winkel in Somerset-Oos.
Lizaan sê die soektog na 'n geskikte perseel is reeds vroeg in Desember 2021 afgehandel en kon hulle by Victoriastraat 23 intrek kort ná Kersfees.
"Ek het reeds voortydig begin voelers uitsteek vir 'n bekwame winkelassistent en ek het ongeveer twintig CV's ontvang van hoopvolle kandidate.
"Alle skenkings aan Helpende Hand kan by Ons Winkel ingegee word, waar dit gehanteer sal word deur Tanya van der Mescht, wat as winkelassistent diens doen. Klerasie en toebehore word ook teen lae pryse te koop aangebied en fondse word bestuur deur Helpende Hand wat landswyd hulp verleen aan gesinne in nood," sê Marlene Basson, gebiedsdirekteur van Helpende Hand.
'Ons bring jou die nuutste Somerset-Oos, Karoo nuus'