GRAAFF-REINET NUUS - Oor die jaarlikse Interskole-naweek stroom oud-skoliere en besoekers gewoonlik die dorp in.
Met die oog op die naweek se verrigtinge, gaan die Graaff-Reinet VLV-tak pannekoek dié Vrydagoggend, 10 Augustus, vanaf 08:00 voor Spandau Spar in Caledonstraat verkoop.
Ondersteun gerus dié inisiatief en geniet ‘n heerlike varsgebakte pannekoek op die koue wintersoggend.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'