GRAAFF-REINET NUUS - Graaff-Reinet is op 28 November gevul met sang, ten danke aan Graaff-Reinet Primêr wat 'n pragtige kerssangdiens gehou het.
Leerders en onderwysers, getooi in rooi, het met kerse in die hand liedjies vir die ouers gesing. Leerders kon ook tydens dié geleentheid hul rapporte gaan afhaal.
"[Die aand] was baie suksesvol," het die skool gesê. "Die ouers se ondersteuning was ongelooflik. Baie dankie aan almal wat bygedra het tot 'n heerlike aand."
Leerders voordat die gesang afskop.
Ouers en leerder van Graaff-Reinet Primêr, getooi in rooi vir 'n spesiale kerssangdiens.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'