GRAAFF-REINET NUUS - Vernielsugtige diewe het vir die soveelste keer vanjaar op Graaff-Reinet toegeslaan toe hulle vandag in die vroeë oggendure skade van waarskynlik etlike miljoene rande aan die Karoodorp se hoofkragstasie aangerig het.
Gelukkig is die kragtoevoer na die dorp nie weens die voorval geraak nie siende dat die meeste van die skade aangerig is by 'n gedeelte waar die kragstasie se aardkabels is.
Ewald Loock, nuwe burgemeester van die Dr. Beyers Naudé-munisipaliteit, sê in leketaal beteken dit dat die kragstasie nou nie 'n oorlading-afleier het nie.
Die hoofkragstasie is om veiligheidsredes afgesper.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'