Video
GRAAFF-REINET NUUS EN VIDEO - 'n Groep mans het gister, 6 Desember, saam met die Graaff-Reinet verkeersdepartement bymekaar gekom om saam te bid.
Hulle voel geroep om vir motoriste, wat die komende vakansie deur Graaff-Reinet gaan ry, vir 'n veilige reis te bid.
Johannes du Plessis sê dat hierdie groep mans al sedert 1 Februarie bymekaarkom om vir die besighede in die dorp te bid.
"Ons bid elke Woensdag vir 'n besigheid want sodra dit goed gaan met die besighede is daar vooruitgang in die dorp en kos op die tafel," sê hy.
Hierdie groep sal ook volgende week, 13 Desember om 7:30 by die uitgangsroete na Middelburg bymekaarkom om vir die vakansie gangers te bid.
VIDEO - Die groep bid vir motoriste vir 'n veilige reis:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’