Gallery
GRAAFF-REINET NUUS - Verlede Donderdag, 27 September, het Laer Volkskool se Graad 7’s ‘n baie suksesvolle entrepreneursdag vir die res van die skool aangebied.
Die stalletjies het gesorg vir vermaak en genot vir almal en is daar ‘n wye verskeidenheid lekkers vir die soettand en woelige speletjies aangebied.
Al die leerlinge het baie moeite gedoen met hul tafels en produkte.
Hulle het ook besef dat dit harde werk verg om ‘n entrepreneur te wees.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'