ABERDEEN NUUS - Vanjaar het twee atlete van Aberdeen Vollediens Primêr die skool en dorp se naam hoog gehou. Op 10 en 11 Maart het Joze Beyers en Ricardo Maartens in Mthatha deelgeneem vir die Sarah Baartman-distriksspan in die OP-uitdunne.
Beyers het ongelukkig 'n besering opgedoen, maar Maartens het uitsonderlik presteer in die o.12-hoogspringitem.
Maartens deel die eerste plek in dié item met 'n ander atleet wat ook dieselfde hoogte gespring het. Die beheerraad en onderwysers het die hele Aberdeen se gevoel verwoord: "Ons as beheerraad en opvoeders is besonders trots op hierdie uitmuntende prestasie. Dit is beslis een vir die boeke!"
Foto's: Alex Lombaard
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’