MURRAYSBURG NUUS - Hierdie Woensdag, 8 Maart open ‘n splinternuwe plaasmark by Colonial Karoo, ‘n boetiekgastehuis in Murraysburg.
Gaan koop jou botter en ander plaaslike produkte, soos suurdeeg brood, ingelegte produkte, pannekoeke, vetkoeke en allerlei ander produkte by die markie.
Spitskop Botter is vernoem na die ikoniese bergpiek in die Murraysburg distrik, ongeveer 20km oos van Murraysburg, oppad na Graaff-Reinet.
Spitskop vorm deel van die Sneeubergreeks, een van die hoogstes in Suid-Afrika.
Volgens die organiseerder van die mark, Michelle Swiegers, word elke "pond" Spitskop Botter botter nog gemaak op Ouma Slabbert se resep soos sy dit in die 1930's op Voetpad, die Slabbert-familieplaas, gemaak het.
Die markie by Colonial Karoo, Murraysburg Boutique Guesthouse word tussen 09:00 en 13:00 gehou.
'Ons bring jou die nuutste Murraysburg, Karoo nuus'