GRAAFF-REINET NUUS - Oud-Volksie Cassidy Swartz het op 17 Augustus 'n Golden Key-toekenning ontvang vir haar akademiese prestasie aan die Universiteit van die Vrystaat.
Swarts studeer onderwys, en ontvang dié prys omdat haar punte onder die top 15% van haar program is.
Haar ma Helen is veral trots op Swartz. "Alle lof en eer aan ons hemelse Vader. Ek wens Cassidy alle voorspoed toe met haar studies."
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'