GRAAFF-REINET NUUS - ‘n Trotse Elbé van der Merwe, oud-leerder van Hoër Volkskool, het onlangs ‘n Golden Key-toekenning by die Universiteit van Potchefstroom gekry.
Die toekenning word toegeken aan die top 15% van die universiteit se studente.
Destyds, as onderhoofmeisie van HVS, het Elbé haar Graad 12-jaar met ses onderskeidings en ‘n gemiddelde A-persentasie geslaag.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'