GRAAFF-REINET NUUS - Vreesloos, gerespekteerd en reguit. En as hy eers byt, los hy nie.
Advokaat Gerrie Nel, seker een van Suid-Afrika se bekendste aanklaers, besoek Graaff-Reinet op Donderdag, 10 Augustus.
Nel se vervolging van die paralimpiese atleet, Oscar Pistorius, het aan hom wêreldwye roem besorg. Nel se onlangse bedanking uit die Nasionale Vervolgingsgesag om by die burgerregte organisasie AfriForum se anti-korrupsie eenheid aan te sluit, was egter vir talle 'n skok.
Alhoewel Nel vir Jan Publiek vasgenael gehou het voor die kassie met die uitgerekte Pistorius verhoor, was hy natuurlik ook betrokke by Jackie Selebi se vervolging.
Die geleentheid - waartydens Freek Robinson met Nel voor die gehoor sal gesels - vind op Donderdagaand, 10 Augustus, om 6nm in die saal by Botanies plaas.
Enkelkaartjies is te koop teen slegs R120 en tafels is beskikbaar teen ‘n afslagprys van R1 000 elk (10 gaste per tafel). Dit sluit ‘n ligte aandete in en ‘n kontantkroeg sal beskikbaar wees.
Skakel 083 419 8369 vir besprekings.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'