KAROO NUUS - HVS-leerder, Erik Swanepoel, het op 4 November aan die vyfde ronde van die Rover-motorfietsklub se kampioenskappe deelgeneem en 'n eerste plek in die hoërskole afdeling behaal waar hy die tweede plek drywer met 09:43 minute gewen het.
Hierdie uitmergelende kompetisie behels 'n 18 km baan wat in drie rondtes voltooi moet word.
Met moeilike terrein wat droë seesand, gladde nat klippe en bosse insluit voltooi Swanepoel die baan in 34:04 minute en word as algehele kampioen bekroon.
Wat hierdie prestasie nog meer spesiaal maak is dat Swanepoel die jongste deelnemer nog is om as kampioen gekroon te word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’