GRAAFF-REINET NUUS — Die wedersydse liefde en bewondering tussen Tiens Germeshuyzen (88) en sy vrou Elaine (85) het duidelik ná 66 huweliksjare nie verflou nie.
Die egpaar, wat beide gebore en getoë is in Graaff-Reinet, vier op Donderdag, 29 Maart, hul 66ste huweliksherdenking.
Tiens het die gemeenskap al die as begrafnisondernemer by Germeshuyzen Begrafnisdienste in Graaff-Reinet bedien terwyl Elaine tot en met haar aftrede by die plaaslike koerant, die Graaff-Reinet Advertiser, gewerk het.
Uit die huwelik is daar twee kinders gebore en hulle spog reeds met vier kleinkinders en vier agterkleinkinders.
Al die kinders is baie dankbaar vir die Here se genade en seën op dié huwelik.
"My ouers is beslis ‘n puik voorbeeld van ‘n gesonde huwelik en ons as hul kinders, kleinkinders en agterkleinkinders is almal dankbaar vir die mooi voorbeeld wat hulle vir ons stel," meen hul dogter, Thelina Geater.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'