CRADOCK NUUS - Christine Pieterse het 'n fondsinsameling van stapel gestuur om kontantvloei vir Cradock-diereskuiling te genereer.
"Ek verkoop gereeld gently worn klere, wat net nie meer pas nie of my smaak het verander. Almal van ons het dit in ons kaste en hoop dat dit weer gaan pas en gedra gaan word," sê Christine.
Wanneer klere gratis geskenk word, gaan die wins van die verkope na die diereskuiling.
Indien persone self 'n geldjie wil verdien met hul items, word net 'n persentasie bygesit wat hulle kan afstaan aan die skuiling.
Wit Olifant Markie
Cradock-diereskuiling beplan ook 'n Wit Olifant Markie, voor Kudu-studio, Frerestraat 104, Cradock, vanaf 09:00 tot 13:00 op 31 Oktober. Enige items wat nie meer gebruik word of net stof opgaar is welkom.
Indien jy self 'n tafel wil beman is die koste R80. Stalletjie-eetgoed sal volop wees, en daar sal ook 'n geleentheid wees om saam met jou gunsteling dierevriend 'n foto te neem. Jy kan ook reeds nou 'n almanak bestel met foto's van jou en jou troeteldier, en daar sal ook 'n geleentheid wees om jou gesin se Kerskaartjiefoto te neem en te laat druk.
Die opbrengs van die verkope sal aangewend word vir die algemene maandelikse onkostes soos salarisse, munisipale uitgawes, medisyne en kos vir die viervoetige vriende.
Kontak Peppie by 083 290 4002, Louisa by 083 560 3385 of Christine by 076 258 4796 vir verdere navraag.
'Ons bring jou die nuutste Cradock, Karoo nuus'