GRAAFF-REINET NUUS - Lewis van Graaff-Reinet is ietwat moeg vir Covid-19, en hy kla gereeld oor dié frustrasie by Paula-Ann Smit.
Hy is haar baas, en verstaan nie waarom sy Maandae tot Woensdae veral voor die rekenaar sit nie. Plaas speel sy met hom.
Blykbaar het dit iets te doen met “spertyd,” maar hierin stel hy nie belang nie.
Wanneer sy besig is maak hy dan maar moles in die kombuis, of kou aan die rekenaarkabels om te wys wie baas is. Kat: 1, oorfone: 0.
Ag, maar kyk daai gesig. Wie kan vir hom kwaad bly?
Ons wil jou troeteldier ook ontmoet!
Stuur 'n e-pos aan paula@groupeditors.co.za of WhatSApp na 076 787 4995.
'Ons bring jou die nuutste Karoo nuus'