GRAAFF-REINET NUUS - Die einde van 'n era het vir die bekende en beminde De Villiers-onderwysgesin van Graaff-Reinet aangebreek.
Ná 'n loopbaan wat oor 24 jaar en vyf maande gestrek het, moet die bande met die juweel van die Karoo, Graaff-Reinet, gebreek word en begin 'n nuwe era in Jeffreysbaai.
Pierre de Villiers het oor sy onderwysloopbaan met Graaff-Reinet Advertiser gesels.
"Ek het op 2 Januarie 1998 ingestap as skoolhoof by Laer Volkskool (LVS) in Graaff-Reinet. Wat 'n voorreg en eer was dit nie om vir 11 jaar die Volkskool-skoolgemeenskap te dien nie.
"Elke kind wat deur LVS se hekke gestap het, was spesiaal en uniek. Die ure in die klas en op die sportveld saam met die kinders is spesiale herinnering wat my altyd sal bybly. My vrou, Rita, was ook vir 24 jaar 'n gr. 4-juffrou by die skool waar sy uitsonderlike werk gedoen het.
"Wat ‘n groot voorreg was dit dan ook nie om beide ons seuns, Jean-Pierre en Reinhardt, hier te kon grootmaak. Baie van hulle sukses van vandag kan toegeskryf word aan die omgee van Graaff-Reinet en sy mense.
Pierre says it is with gratitude that he can look back on the past 13 years where he served the education community of the then Graaff-Reinet Education District - now the Sarah Baartman Education District.
"In my position as Chief Education Specialist Curriculum Managment it was a joy to work with the calibre of principals and teachers and I hope that along the line I contributed something to education as a whole.
"Thanks to my curriculum team of Sarah Baartman for your dedication and support over the years. You are a special group of people that will forever be part of me.
"To the management team of the Sarah Baartman Education District, thank you for your support and kindness over the years. I will never forget it.
"Thank you to every principal and teacher for the kindness and respect you showed me. I can assure you that I have great admiration for the work you are doing.
Pierre said he tried to reflect the Batho Pepe Principles of putting people first. "It was an honour to serve you, it was an honour to serve with you and I value everyone who helped me do it.
"Dankie Rita en die seuns dat julle geduld met my gehad het duer die jare en baie dankie aan ons Hemelse Vader vir die genade wat hy aan my en my gesin bewys het."
"Totsiens - Goodbye - Sala Kakuhle."
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'