GRAAFF-REINET NUUS - De Jagers, 'n eenstopwinkel bekend vir sy kwaliteit vroue- en mansklere, het pas sy deure in Graaff-Reinet geopen.
Die maatskappy, wat sy sake hoofsaaklik op groot plattelandse dorpe bedryf, het die FNB-gebou aangekoop en in 'n nuwerwetse winkel omskep met genoeg beweegruimte vir klante om 'n aangename koopervaring te skep.
Selfs die kieskeurigste koper sal uit die groot voorraad klere, skoene en ander bybehore iets vind om aan te skaf. De Jagers het die gebou pragtig gerestoureer en die ou plafonne uitgehaal om die geelhoutbalke in die oorspronklike plafon te ontbloot.
Die ou swaar kluisdeur is ook behou en dra by tot die kontemporêre dekor.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'