CRADOCK NUUS - Hordes ongelukkige inwoners van Cradock betoog sedert vroegoggend, 13 Februarie, voor Cradock-munisipaliteit se kantore.
Daar word tans bande gebrand en klippe in die strate gegooi. Betogers het ook sedert 12:00 toegang tot die munisipale gebou verkry en die skade binne die gebou is nog onbekend.
Hierdie uitbarsting is omdat inwoners se krag sedert 2 Februarie afgesny is nadat daar deur die munisipale bestuur besluit is om inwoners, wat agterstallig is met die betaling van belasting en dienste, se krag af te sny.
Inwoners moet glo 25% van hulle agterstallige rekening betaal voordat krag weer na hulle woning aangeskakel sal word.
Hierdie is 'n ontwikkelende storie en sal die Advertiser, soos gebeure ontwikkel, lesers op datum hou.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’