GRAAFF-REINET NUUS — Die gemeenskap van Kroonvale het verlede week afskeid geneem van 'n geliefde inwoner, Cathleen Donley.
Cathleen, oftewel Cathy soos sy deur almal wat haar geken het genoem was, was by XTT in Graaff-Reinet werksaam en onthou haar kollegas haar as 'n "vriendelike, lojale en pligsgetroue, maar ook kwaai mensie wat nie moeilikheid gevat het nie".
"Cathy was vir 11-jaar werksaam by XTT en voel sy vir almal wat daar werk sowel as die kliënte wat sy op 'n daaglikse basis mee gewerk het, soos familie," meen Madelein van der Westhuizen van XTT.
"Liewe Cathy, jy sal verseker deur almal gemis word by XTT, deur die bestuur, personeel sowel as kliënte van XTT. Vind vrede en rus in die arms van ons Hemelse Vader waar ons verseker weet jy nou is."
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'