GRAAFF-REINET NUUS - Caitlin du Preez, 'n oudleerder van Hoër Volkskool, is aangewys as die beste eerstejaarstudent in aptekerswese by die Nelson Mandela Universiteit (NMU) in Gqeberha.
Caitlin, wat in 2019 gematrikuleer en as die naasbeste matrikulant in die Sarah Baartman-distrik aangewys is, het 'n merietebeurs by die departement van onderwys losgeslaan en wou aanvanklik medies gaan studeer, maar haar aansoek was onsuksesvol.
In 2020 het sy aptekerswese by NMU begin studeer en het sy 'n Golden Key-toekenning vir haar eerstejaarstudies gekry. Boonop is sy as die topstudent van dié fakulteit aangewys.
Sy het in 2021 weer aansoek gedoen om medies aan NMU te studeer en is sy nou met haar eerste jaar besig.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'