GRAAFF-REINET NUUS - 'n Brand het Maandagoggend, 21 Maart, tussen 01:00 en 01:30 by dié huis in Queenstraat 11, Graaff-Reinet, uitgebreek en groot skade aangerig.
Ben Nash, wat die huis bewoon, was gelukkig uitstedig.
Niemand is tydens die brand beseer nie.
Die oorsaak van die brand is nog onseker, maar daar word na moontlike leidrade gesoek.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'