KAROO NUUS - Klein Sadie Weitz, n boerenooitjie van 'n plaas by Cradock, was so opgewonde toe haar visvanguitstappie onlangs in Graaff-Reinet Advertiser verskyn het, dat sy dadelik haar mak hoenderhaan vir nog 'n foto gaan vang het.
Sy het omtrent geswoeg om dié troetelhaan nader te dra sodat die Advertiser 'n mooi foto kon neem.
"Braam is 'n Brahma-haan, en hulle is ideale troetel-pluimvee vir kinders," vertel Sadie se ma, Gail.
"Braam en Sadie is nooit meer as vyf treë uitmekaar nie, en hy sal haar ook beskerm teen slange en skerpioene, want hy is op en wakker."
'Ons bring jou die nuutste Karoo nuus'