HOFMEYR NUUS - Die berugte R391-roete tussen Hofmeyr en Molteno het Maandagnag weer sy tol geëis toe 'n swaar vragmotor met 'n vrag bier 34 km buite Hofmeyr teen 'n hoogte geknipmes het.
Die grondpad word dikwels verkeerdelik deur swaar vragmotors gebruik en na 'n reënbui is die pad met sy rooi kleilaag seepglad.
Boere uit die omgewing is vroeg Dinsdagoggend na die toneel om die vragmotor met 'n trekker uit te sleep.
Duidelike instruksies is toe aan die bestuurder gegee om terug te ry na Hofmeyr, en van daar met die teerpad na sy bestemming in Aliwal Noord te ry.
Ongelukkig het hy weer beheer oor die voertuig verloor en 4 km voor Hofmeyr sy vrag bier verloor toe die waens omgeval het.
Die vrag bier is Dinsdag gebuit deur opportunistiese mense wat hulle voertuie volgelaai het met die goue voggies.
Woensdagoggend 17 Maart was die R391 steeds gesluit vir verkeer. 'n Insleepdiens was op die toneel.
Mense van die omgewing het die vrag bier vinnig gebuit.
Die pad was Woensdagoggend steeds toe.
'Ons bring jou die nuutste Hofmeyr, Karoo nuus'