HOFMEYR NUUS - Die Hofmeyr-skougenootskap se Bielie Mielie-kompetisie onder 21 boere uit die Hofmeyr-distrik het nie net vir hope pret gesorg nie, maar die deelnemende boere kon ook ywerig meeding om te bepaal wie met die grootste mielies kon spog.
'n Inskrywing het bestaan uit vyf mieliekoppe met die skille aan.
Omdat die mielies nog ver van ryp was, het die beoordeling hoofsaaklik gehandel oor die hoeveelheid pitte en rye wat die mieliekoppe het.
Die resultate in die vier afdelings was as volg:
Individuele kop met die meeste rye:
- Joppie Opperman (24).
- Lood de Jager (22).
- Ruan van der Merwe (22)
Individuele kop met meeste pitte:
- Lood de Jager (1056).
- Lood de Jager (920).
- Riaan Botha (900).
Algehele inskrywing (5 koppe) met meeste rye:
- Joppie Opperman - 104 rye (gemiddeld van 20.8 rye per kop)
- Dewald Opperman - 102 rye (20.4 - 4158)
- Ruan van der Merwe - 102 rye (20.4 - 4020)
Algehele inskrywing met meeste pitte:
- Lood de Jager (4440).
- Dewald Opperman (4158).
- Riaan Botha (4068).
Arno Oberholzer en sy span by Rikus-landboudienste in Cradock het puik pryse gereël.
Die hoofborg, Pioneer Saad, het vyf sakke mieliesaad ter waarde van R25 000 geborg. Pannar het 15 sakkies koringsaad ter waarde van R7 500 geborg. UPL (Arysta) het chemikalieë geborg het ter waarde van R7 700 geborg.
Elim wat het produkte van R12 000 geskenk en Barendburg het 'n sak lusernsaad ter waarde van R4 000.
'Ons bring jou die nuutste Hofmeyr, Karoo nuus'