GRAAFF-REINET NUUS - 'n Ongelukstoneel is verlede Maandagaand (1 Julie), kort voor 6nm ontruim voor die polisie op die toneel aangekom het.
Die Graaff-Reinet Advertiser het kort na die botsing tussen 'n motor en 'n bakkie in Caledonstraat, Graaff-Reinet aangekom.
Omstanders en insittendes van beide voertuie het onmiddelik aan die werk gespring om parte van die voertuie in te laai.
Beide voertuie het van die toneel weggejaag.
Dit blyk nie dat daar enige beserings was nie.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'