SPORTNUUS - Die Steytlerville Barbarians het die afgelope Saterdag nóg 'n oorwinning gevier toe hulle hul tuisdorp-mededingers, Steytlerville United, verslaan het.
Die Barbarians en hul ondersteuners was verheug oor die A- en B-spanne se onderskeie 13-12 en 16-0 oorwinnings veral omdat daar al vir jare ‘n tipe ‘vyandskap’ tussen die twee rugbyklubs heers.
“Ons was so bly, dit het amper gevoel asof ons die world cup gewen het. Daai gevoel man...,” sê Stephen Kota, afrigter van die Barbarians voorspelers.
Dit was die Barbarians se tweede wedstryd in die Karoo-subunie se streeksliga-wedstryde vir 2023. Hulle het hul eerste wedstryd die vorige Saterdag gespeel en die Graaff-Reinet Hampshires op Barbarian-tuisgronde geklop.
“Ek is baie trots op die manne want dit was ‘n harde game,” sê Conrad Whitebooi, Barbarians assistant afrigter. "As dít is hoe dit gaan, dan gaan ons beslis finals toe."
Die Steytlerville Barbarians en hul odersteuners jubel oor hul oorwinning.
Die Steytlerville Barbarians was verheug oor hul oorwinning.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’