Video
ABERDEEN NUUS EN VIDEO - Die bestuurder van ‘n bakkie is vanoggend (Vrydag) na die Aberdeen Hospitaal gehaas, na die bakkie ongeveer 30km buite Aberdeen op die Klipplaat-pad gerol het.
Die ongeluk het kort na 8vm plaasgevind.
Tot dusver blyk dit dat die bestuurder alleen in die motor was.
Die aard van sy beserings is onbekend.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Aberdeen, Karoo nuus'