GRAAFF-REINET NUUS - Die liggaam van ‘n baba is gister in ‘n swart sak op die stortingsterrein in Aberdeen gevind.
Volgens ‘n betroubare bron is dit op hierdie stadium nog nie seker of die baba vóór of ná geboorte oorlede is, of wat die oorsaak van die dood was nie.
Dít sal eers tydens die nadoodse ondersoek vasgestel kan word, wat dan ook sal bepaal of dit as moord beskou sal word of nie.
Die liggaam is tans in die lykshuis in Graaff-Reinet maar die nadoodse ondersoek word glo eers teruggehou omdat daar nog te veel onbeantwoorde vrae is. Die bogenoemde inligting is deur die Aberdeen polisie bevestig. Hulle het ook bevestig dat daar 'n saak – verberging van geboorte – ondersoek word maar dat daar nog geen arrestasies gemaak is nie.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'