GRAAFF-REINET NUUS — Lizandri Crewe-Brown en Lllewellyn Crewe-Brown, twee atlete van Hoër Volkskool, het verlede kwartaal aan die Interprovinsiale Tweekamp-byeenkoms deelgeneem in die Paarl.
Beide het baie goed gevaar.
Llewellyn het 'n algehele 20ste plek behaal en Lizandri 'n algehele 13de plek.
By die jaarlikse OP-prysuitdeling het Lizandri ook die wisseltrofee weggedra vir die Mees Belowende 0.17 Dogter.
Llewellyn het sy OP Kleure verdien, as een van slegs ses OP atlete.
Om te kwalifiseer vir OP Kleure, moet 'n atleet die OP A-span minstens vyf keer verteenwoordig by die interprovinisale byeenkomste.
Wintergala
Die afgelope vakansie het Lizandri en Llewellyn Crewe-Brown ook deelgeneem aan die Wintergala te Port-Elizabeth.
Llewellyn het persoonlike bestes in drie items geswem, by name die 50m Vryslag, 50m Rugslag en 50m Vlinderslag. Lizandri het brons medaljes verower vir die 4x50m Vryslag Aflos, en 4x50m Wisselslagaflos, asook silwer medaljes vir die 50m en 100m Borsslag.
Llewellyn Crewe-Brown tydens die Interprovinsiale Tweekamp-byeenkoms in die Paarl.
Lizandri Crewe-Brown in aksie by die Interprovinsiale Tweekamp byeenkoms.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'