GRAAFF-REINET NUUS - Hoër Volkskool het op Woensdag 24 Januarie hul jaarlikse kleureatletiek aangebied.
Ondanks die Karoo-son wat gesorg het vir hoë temperature het dit geensins die Volksie-atlete teruggehou nie.
Deelname aan die geleentheid was ‘n rekord op sigself gepaard met goeie gees en uitstekende prestasies wat van die dag ‘n belewenis gemaak het.
Die volgende topprestasies en bekerwenners is na afloop van die geleentheid aangekondig.
Uitslae:
• Alicia Louw - junior victrix ludorum
• Pieter Nel - junior victor ludorum
• Mika Enslin - senior victrix ludorum
• Hannes van der Merwe - senior victor ludorum
• Mienke Janse van Rensburg- beste dogtersbaanatleet - o. 16 100 m - 14:50
• Ethan Davids - beste seunsbaanatleet - o.19 100 m - 11:45
• Ethan Davids - vinnigste 100 m seunsatleet
• Ilse Voster - beste dogtersveldatleet - o.16 gewigstoot 6,34 m
• Hannes van der Merwe - beste seunsveldatleet - verspring 5,98 m
• Alice du Toit - vinnigste dogter in 1 500 m - 6:33.86
• L’reese Stuurman - vinnigste seun in 1 500 m - 4:53.32
Alicia Louw
Hannes van der Merwe
Mika Enslin
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’