Video
GRAAFF-REINET NUUS EN VIDEO - Die ATKV-tak Spandaukop het gisteraand, 15 Oktober 2022, tydens 'n glansgeleentheid die Afrikoon toekenning aan Carol-Ann van Jaarsveld oorhandig vir haar Pienk Bome vir Pauline projek.
Paul van den Berg en Henry Thomson het tydens dieselfde geleentheid klop-op-die-skouer-toekennings ontvang.
Gaskunstenaars Jannie du Toit en Annelie du Plessis-Hoberg het die mooiste musiek gemaak en Jannie, met sy unieke sin vir humor, het groot vermaak verskaf.
Lees meer in die volgende uitgawe van die Graaff-Reinet Advertiser.
VIDEO: Gaskunstenaars Jannie du Toit en Annelie du Plessis-Hoberg het die mooiste musiek gemaak
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'