GRAAFF-REINET SPORTNUUS - Die ATKV-tak Spandaukop van Graaff-Reinet het besluit om plig en plesier te meng en het vanjaar twee spanne in die gewilde besigheidsrolballiga ingeskryf.
Die klomp geniet hulself gate uit, wen of verloor, en verhoog boonop die sigbaarheid van die plaaslike ATKV-tak.
Die spanlede is van links: Archie Cronjé (ATKV- voorsitter), Marelize Deysel, Ricardo Deysel en Henry Thomson.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, karoo nuus'