CRADOCK NUUS - Die Visrivier is die lewensaar van almal wat die voorreg het om naby dié bron van besproeiing rondom Cradock te woon.
Groot opgewondenheid heers by groot en klein wanneer die rivier lekker kant-en-wal loop, en Sadie Weitz (3) het nie op haar laat wag om te gaan lyn nat maak nie.
Haar hondjie, Dingo, was by en sommer vinnig was daar 'n paling aan die lyn.
Die Kommandodrifdam loop oor.Foto: Rory Gailey
Dingo hou vir Sadie Weitz (3) fyn dop want dié plaasnooi hou van avontuur!
'Ons bring jou die nuuste Cradock, Karoo nuus'