KAROO NUUS - Misdadigers wat nie respek het vir ander se eiendom nie, asook geweldenaars en dwelmhandelaars het van 3 - 8 Oktober die polisie besig gehou as dit by arrestasies kom.
Vir dronkaards was daar ook min genade.
Graaff-Reinet
Vier verdagtes is vir aanranding aangehou, terwyl twee rowers gearresteer is.
Opsetlike saakbeskadiging het vier arrestasies tot gevolg gehad. So is vier vermeende huisbrekers, twee diefstalverdagtes en vier mense vir dwelmverwante oortredings aangekeer.
Dronkenskap het drie mense in die selle laat beland, terwyl twee verkeersoortreders vasgevat is.
Aberdeen
Vir die oortreding van 'n beskermingsbevel is een man aangekla. Aanranding het nog 'n verdagte in die selle laat beland, terwyl drie dronkenskap-arrestasies gemaak is.
Vonisse
- Besit van mandrax: Nege maande gevangenisstraf.
- Huisbraak: Agtien maande gevangenisstraf, opgeskort vir een jaar.
- Diefstal: R300 boete met die keuse van drie maande gevangenisstraf.
'Ons bring jou die nuutste Karoo nuus'