GRAAFF-REINET NUUS — ’n Goue halssnoer, die kosbare besitting van 'n inwoner van Graaff-Reinet, is onlangs uit 'n huis in Somersetstraat gesteel.
Die halssnoer - wat soortgelyk is aan die een in die meegaande foto - is 'n paar weke terug deur 'n opportunistiese dief uit haar huis gebuit.
Na geen resultate opgelewer is met 'n polisieondersoek nie, het die eienaar besluit om haarself tot die koerant te wend met die hoop dat dit aan haar terugbesorg sal word.
Sy sê die waarde daarvan is van minder belang, maar die sentimentele waarde daarvan kan met niks reggestel word nie.
Daarom bied sy ’n beloning van R5 000 aan vir enige iemand wat die halssnoer terug besorg.
Enige een met inligting kan haar by 082 367 3122 bel.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'