GRAAFF REINET NUUS — Die plaaslike gemeente van die Shofar-kerk is nou net so bietjie meer as ‘n jaar reeds op Graaff-Reinet gevestig.
In hierdie kort tydjie het daar klaar ‘n goeie aantal mense van die streek en gemeenskap by die kerk op ‘n Sondag ingeloer en heel party mense noem nou Shofar Graaff-Reinet hul geestelike tuiste.
Shofar is ‘n charismatiese Christelike-kerk wat tans plaaslik elke Sondag ‘n diens by Laer Volkskool om 9vm hou.
Die dienste is as ‘n reël in Die Kewertjie, maar soms kom die gemeente in die skoolsaal bymekaar indien Die Kewertjie nie op ‘n Sondag beskikbaar is nie. Vir diegene wat Laer Volkskool nie so goed ken nie: die ingang uit Stockenstroomstraat na die rugbyveld is die een wat gebruik word - deesdae is daar ‘n groot oranje Shofar-vlag voor die ingang wat jy nie sal kan mis kyk nie.
Verder het Shofar Graaff-Reinet nou ook met ‘n Vrydagoggend kerkdiens begin.
In die dorp en sy aangrensende distrikte word daar weekliks so baie kilometers deur ouers gery vir skool en sport dat dit dikwels moeilik is om ‘n Sondag kerkdiens ook by te woon. Hierdie diens is juis gemik op mense wat baie graag wil inskakel by ‘n kerk maar nie kans sien om weer op ‘n Sondag ver te reis nie.
Shofar Graaff-Reinet believes that Christians can meet for corporate worship on any day of the week. Shofar hopes to be relevant in the Graaff-Reinet community by making church services more accessible to people. The first step they are taking towards this is to have a complete church service, such as their Sunday service, just on Fridays.
Service will start at 10am and finish at 11am. They keep to this time slot strictly in order to give people time to finish their business in town before the schools come out and everyone leaves for home.
The Friday services will only run during the school terms and close for the holiday. Next term they will start again on the first Friday of the term and the time of the service might change according to the needs of the people attending.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'