Gallery
NIEU-BETHESDA NUUS — Nieu-Bethesda se jaarlikse pampoenfees het weer gesorg dat verskeie mans en vroue etlike maande lank baie energie, tyd en finansies belê om die grootste pampoen te probeer kweek.
Dit was daar in alle groottes, vorm en kleur, die mooiste pampoene en die lelikste.
Die fees, wat dié jaar by Karoo Lamb gehou is, het baie besoekers tot die dorp gelok en is die 'pampoen' omtrent oor die verloop van die naweek verootmoedig.
Vanjaar se wenpampoen is die grootste en swaarste pampoen wat nog ooit dié wedstryd gewen het en dit kom uit ’n voorstedelike tuin! Rel Malan se wennerpampoen het ’n enorme 256kg geweeg.
Vir dié allemintige inskrywing het hy 'n prys ontvang bestaande uit 'n R1000-kontant geborg deur Graaff-Reinet se Blue Magnolia-kwekery, ‘n slimfoon, 'n Proline paneelbord-kamera en 18kg van BKB se ghries.
Boetie Bester se pampoene het onderskeidelik die tweede en derde prys gewen.
Die hoof-organiseerder Reinet le Roux, bedank graag die inwoners en besighede vir hul ruim bydraes tot dié pryse: Blue Magnolia, Proline, BKB, C&F Engineering, Lizanne Lombard Dresses, Nieu-Bethesda Country Club, Spar, Tekkie Town - Middelburg, Roelien Labuschagne, The Post Office Restaurant, Tot-hier-toe Padstal, Willie en Lynette Olivier, Mabel Potgieter, Oasis Water, Botha’s Garage, Thys se Werkswinkel, Dustcover Bookshop, Picadillis - Middelburg, Sakkie van Zyl, Two Goats Brewery en The Village Inn.
Greg Rose-Innes het goedgunstelik sy skaal vir die weeg van die pampoene geleen.
Die fees se pampoene is na afloop van die fees aan Graaff-Reinet en Middelburg se tehuise vir bejaardes geskenk.
'Ons bring jou die nuutste Nieu-Bethesda, Karoo nuus'