GRAAFF-REINET NUUS — Die plaaslike tak van die Christelike Maatskaplike Raad (CMR) in Graaff Reinet het einde April vir Erina Hayman gegroet na ‘n lang dienstermyn van 25 jaar.
Hayman het die administrasie en boekhouding van die CMR behartig en was oor die jare ‘n standhoudende figuur by die CMR.
Sy het ‘n besondere deernis vir die leed en welsyn van mense en is altyd bereid om die ekstra myl te loop.
Een van haar kollegas, Connie Schoeman meld dat "Erina ‘n onbaatsugtige mens is wat altyd bereid was om te help".
Hayman het die gemeenskap baie goed geken en het die dienste van die CMR oor die jare heen bemark en ondersteuning vir die werksaamhede, bekom.
CMR Graaff-Reinet is besonder dankbaar vir haar toewyding oor ‘n leeftyd en wens haar ‘n geseënde rustyd toe.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'