GRAAFF-REINET NUUS — Die Graaff-Reinet Onderwyskollege (GRO) het op die naweek van 1, 2 en 3 Julie ‘n groot reünie op die dorp gehou.
Dit was die eerste sedert die een wat op dieselfde naweek in 2012 gehou is.
Vanjaar s’n is deur byna 170 mense, van wie sowat 150 oud-Graaffies is, bygewoon - volgens inligting ontvang was dit die grootste tot dusver en Graaffies van oor die hele land, en selfs van oorsee, het op die dorp toegesak.
Vrydag- en Saterdagaand se funksies is by die Botanies Sportklub gehou en daar is beide aande tot laatnag gekuier. Baie het vir die eerste keer sedert die 70’s en 80’s weer van hul student-vriende gesien.
Vier ouddosente, waaronder die legendariese Stan Morgan, het dit ook bygewoon.
’n Hoogtepunt van die naweek was die besoek aan die ou GRO-perseel vroeg die Saterdagoggend. Daar kon almal weer in die gange rondstap en oral kon staaltjies uit die ou dae gehoor word.
Byna 170 mense, van wie sowat 150 oud-Graaffies is, het die onlangse reünie van die Graaff-Reinet Onderwyskollege bygewoon.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'