TYLDEN NUUS - Lede van die blitspatrollie het verlede week vier mans in hegtenis geneem nadat hulle na bewering gesteelde vee probeer verkoop het.
Volgens kapt. Ursula Roelofse, polisiewoordvoerder, poog die SAPD voortdurend om veediefstalsake onmiddellik op te volg.
"Lede van die Mlungisi-blitspatrollie-eenheid, in samewerking met die misdaadintelligensie-eenheid het die afgelope week inligting ontvang dat vermoedelik gesteelde vee verkoop word.
"Die lede het onmiddellik gereageer en kon daarin slaag om twee verdagte voertuie, ‘n Avanza en ‘n VW Polo met vier verdagtes af te trek.
Lees meer in Donderdag se Graaff-Reinet Advertiser as ook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Tylden, Karoo nuus'