MIDDELBURG NUUS — Die Grootfontein-studente het tydens die eerste week van die Julie-vakansie aan die PANNAR Rugbyweek vir Suid-Afrikaanse Landboukolleges deelgeneem.
Dit was die 31ste keer dat hierdie rugbytoernooi - waarin agt kolleges om die IPJ du Plessis-trofee meeding - plaasgevind het.
Elke jaar vind dit by ‘n ander landboukollege plaas en was 2017 Fort Cox, naby King Williamstown, se beurt.
Grootfontein se oorwinning teen Potchefstroom se Pampoenboere was volgens Peet van der Walt van PANNAR, die hoogtepunt en opwindendste deel van die eerste dag.
Die Grootfonteiners het oor die algemeen uitstekende uitslae behaal toe hulle hul eerste drie kragmetings gewen het - Grootfontein het Cedara van KwaZulu-Natal met 53 - 0 gewen, Potchefstroom met 22 - 10 geklop en Glen (Bloemfontein) met 39 - 15 getroef.
Ongelukkig het hulle toe tydens hul laaste wedstryd Vrydag in die eindstryd naelskraap met 20 - 26 teen Elsenburg (Stellenbosch) verloor.
Aan die einde van die PANNAR-rugbyweek, is ‘n SA landboukollegespan gekies.
Grootfontein het vanjaar 10 speler in die SALK-span se 23-tal waarvan ses in die opdrafspan is. Daar is slegs vyf spelers van Elsenburg in die beginspan en twee op die bank, terwyl slegs vyf spelers van Potch in die span is waarvan vier die wedstryd sal begin.
Grooftontein se spelers is: Joppie du Pisani (Lood), Henco Nel (Tiny), Eroni Fillis (Ernstig), Adriaan Stander (Bakkies), Adrian Greig (Wagter), Alex Greig (Dozer), Noah Mountford (Lama), Daniël Rademan (Wolf), Marius Paulsen (Sterrewag) en Gert Rupping (Vlaktes).
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'