KAROO NUUS - Dringende en noodsaaklike onderhoudswerk word van vandag af onder die treinbrug in Nxuba aan die N10 gedoen.
Oponthoude van tot 30 minute is moontlik, terwyl verkeerskontrolepunte swaar verkeer op die roete kontroleer.
Verkeersowerhede versoek padgebruikers om geduld aan die dag te lê, en om addisionele tyd in berekening te bring waar ritte tydgebonde is.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’