Advertorial Video
GRAAFF-REINET SAKE NUUS EN VIDEO — 'Nommerpas' is reeds vir etlike jare 'n welbekende handelsnaam in Graaff-Reinet en omtrek.
Sedert begin Maart het hierdie winkel egter 'n splinternuwe baadjie aangetrek.
Soos die nuwe borde wat aangebring is by die winkel se perseel in Kerkstraat nou aandui, staan Nommerpas voorts amptelik bekend as MOONSHADOW LeisureWear & Sport. Nommerpas is in 2001 deur Eddie Nel in Colesberg oorgekoop met die doel voor oë om kwaliteit skoene en klere na die platteland te bring.
Die Graaff-Reinet-tak is in 2005 geopen.
In 2018 is oud-Graaff-Reinetter Pierre Greyling as algemene bestuurder van die besigheid aangestel en só ook is daar besluit om na Nommerpas as handelsmerk te kyk en op die huidige sukses te probeer verbeter.
Na 'n lang konsultasieproses is daar besluit om Nommerpas herbekend te stel as MOONSHADOW LeisureWear & Sport.
Met hierdie verandering gaan dié winkel 'n nuwe era in - planne is op dreef om verder in die Karoo, Oos Kaap en Noord Kaap uit te brei. Daar is ook sprake van 'n aanlyn-inkopieportaal waarmee potensiële nuwe markte geïdentifiseer kan word.
Die groei wat die winkel geniet getuig van die kwaliteit diens en produktereeks wat klante kan verwag van MOONSHADOW.
Inwoners van die dorpe wat bedien word deur die verskillende MOONSHADOW-takke, word genooi om die winkel se rakke deur te kyk om so uit te vind wat daar als gebied word.
Kundige personeel sal klante oor die produktereeks, waaronder CAT, ADIDAS, SALOMON, JEEP en NIKE, wat hier te vinde is inlig, en kan klante van gehalte diens verseker wees. Die winkel bedryf besigheid van 08:00 tot 17:00 op weeksdae en van 08:00 tot 12:30 op Saterdae.
Skakel Pierre Greyling by 049 892 4649 of pierre@moonshadowonline.co.za om meer uit te vind.
Die personeel van MOONSHADOW LeisureWear & Sport in Graaff-Reinet: Dennis Hendricks, Agnesia van Gent, Pierre Greyling en Keanu Andrews.
Watch a video below.
'Ons bring jou die nuutste Graaf-Reinet, Karoo nuus'