Advertorial
SAKE NUUS - Terry's Auto bestaan al meer as twintig jaar en het 'n uitstekende reputasie opgebou as 'n spesialis-werkswinkel vir alle Toyota-modelle.
Die eienaars, Chris en Susan Meyer, is bekend in George se motorkringe.
Chris Meyer is 'n BMW-motorfietsryer van internasionale formaat wat weer vanjaar aan die internasionale GS-uitdaging sal deelneem.
Wanneer dit by motors kom, is Toyota egter die voertuig wat hy deur en deur ken en wat hy self bestuur.
Chris het in 1994 gekwalifiseer as werktuigkundige en wat hy nie formeel geleer het nie, het hy in sy pa se werkswinkel geleer waar hy van jongs af vir sakgeld gewerk het.
"Die Toyota-fabrikaat is maklik om aan te werk en te herstel en die onderdele is altyd beskikbaar," sê hy.
"Al die belangrike en veiligheidsonderdele wat ons gebruik, is egte Toyota-onderdele. In ander gevalle sal ons gehalte generiese onderdele gebruik wat ligter vir die eienaar se sak is."
Die werkswinkel is gesertifiseer en het die regte diagnostiese sagteware. Dit beteken dat selfs moderne voertuie versien en herstel kan word.
Terry's Auto herstel ook interessante en ongewone "voertuie" soos jetski-watertuie en gholfkarretjies.
Hulle diens en herstel ook motors van ander fabrikate.
"Ons stel altyd belang om iets nuuts aan te pak," vertel Chris.
Die internasionale GS-kampioenskap vind in Junie in Mongolië plaas. Chris en sy span gaan hul uiterste bes doen om 'n trofee terug te bring Suid-Afrika toe.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'