GRAAFF-REINET SAKE NUUS - As jy opsoek is na inspirasie of iets mooi vir jou huis, dan kan jy gerus 'n draai by Karoo Living in Kerkstraat, Graaff-Reinet, gaan maak.
Karoo Living, met bekwame sakevrou Suzette Badenhorst aan die stuur van dinge, oortref hulself elke jaar om net beter, grootter en mooier goed te bied aan die publiek van Graaff-Reinet.
Die winkel het iets heeltemal anders as die gewone - gevul met oulike dekoritems, materiale te kies en keur, matte, huisware en linne ondermeer, wat kan mens dan nou meer voor vrae?
Suzette bly getrou aan haar missie om Graaff-Reinetters met 'n wye verskeidenheid van bekostigbare kombuis- en huisprodukte van hoë gehalte te voorsien, so, indien jy 'n oulike geskenk soek, of sommer net jouself wil bederf die Vrouemaand, loer gerus in by Karoo Living.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Karoo, Hessequa nuus'