GRAAFF-REINET NUUS - Farmland, 'n vleismark en braaimekka, het Maandag sy deure amptelik oopgemaak.
Dié spesialiswinkel, op die hoek van Caledon- en Stockenstroomstraat, bied 'n groot verskeidenheid kwaliteitprodukte vir mense wat gehalte vooropstel.
Farmland het ook 'n goed toegeruste deli en 'n gesellige koffiewinkel met sy eie barista.
Besoekers kan knus in een van die binnekamers kuier of buite op die stoep sit en weglê aan die lekkerste boeretroos.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'